HOENDER IN MIKROGOLF
Posted on January 16, 2018 by Benhet NieuwenhuisPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
HOENDER IN MIKROGOLF
4 hoender stukke (boudjies)
20 ml asyn
30 ml soyasous
hoenderspesery
vars tiemie
vars sage
vars roosmaryn
Sit hoender in mikrogolf bestande bak met deksel.
Strooi hoenderspesery oor.
Skud soyasous oor.
Voeg bietjie asyn by.
Mikrogolf by 70 % vir 15 minute.
Dan 10 minute by 100 %.
Mikrogolwe verskil, dit is hoe ek doen en kyk so na 7 minute.
Ek draai nie hoenderstukke om nie.
Foto: Marie Dumas Jennings
MIKROGOLF KAASKOEK
Posted on December 13, 2017 by Johanna ZwiegelaarPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes, Terte - Soet / Sweet Tarts Leave a comment
MIKROGOLF KAASKOEK
1 pakkie tennis beskuit
3 eetlepels botter
1 blikkie kondensmelk
Halwe 380 g blikkie Idealmelk
1 bakkie gewone roomkaas 175 g
+- 70 ml suurlemoensap
1 eetlepel maizena
1 pakkie suurlemoen of granadilla jelly
Maak jou kors met fyngemaakte koekies en gesmelde botter, ( hou so een eetlepel botter uit vir vulsel).
En meng so eetlepel suurlemoensap daarby in. Continue reading→
MIKROGOLF VLA – MICROWAVE CUSTARD
Posted on December 10, 2017 by Rina KleinhansPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes, Souse / Sauces Leave a comment
MIKROGOLF VLA – MICROWAVE CUSTARD
50 ml vla poeier
50 ml suiker
knippie sout
500 ml melk
5 ml vanilla geursel of karamel
Meng vla, suiker en sout saam gooi 100 ml melk by en meng goed. Voeg die res van die melk by en mikrogolf ongeveer 6 min en roer elke min en pasop vir oorkook.
Voeg vanilla by, meng deur.
Yummies en die beste.
As jy dit dunner wil hê, maak die melk meer.
Lekker eet Continue reading→
MARIE SE GEPOSJEURDE MIKROGOLF EIERS
Posted on November 24, 2017 by Johanna ZwiegelaarPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
MARIE SE GEPOSJEURDE MIKROGOLF EIERS
1/2 koppie water in bakkie
1 eier (ek het geel geprik)
Bietjie sout
Sorg dat eier onder water is
Ek het klein bordjie bo op bakkie gesit
Mikrogolf 1 minuut op hoog
Foto: MarieDumas Henning
MIKROGOLF TOFFIE MET ‘N TWIST
Posted on November 13, 2017 by StienPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
MIKROGOLF TOFFIE MET ‘N TWIST
Maak 24 blokkies
1 blik kondensmelk
100 g wit sjokolade
50 g Marie beskuitjies
Gooi die blik kondensmelk in ‘n mikrogolf-veilige bak (verkieslik ‘n glas bak) en mikrogolf op hoog vir 2 min of tot kondensmelk borrels begin vorm.
Breek sjokolade in en roer tot dit gesmelt is. Plaas weer in mikrogolf vir 6 min. Roer elke 60 tot 75 sekondes. Continue reading→
MICROWAVE FUDGE WITH CONDENSED MILK
Posted on October 26, 2017 by Rina KleinhansPosted in Lekkergoed / Sweets, Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
MICROWAVE FUDGE WITH CONDENSED MILK
(I make this often):
125 g butter
2 cups caster sugar
Place together in large microwave bowl and micro for 2 minutes.
Stir well and then add 1 tin condensed milk and 2 T syrup.
Continue microwaving for a further 10-12 minutes – stirring every 2 minutes.
(Do not forget to stop and stir every 2 minutes.)
Once golden in colour – stir well and add 1 t vanilla essence. Pour into greased bowl and cut into squares once slightly cooled.
Recipe: Zelda Ellis
Continue reading→
ELAINE SE KOPPIE KOEK
Posted on October 18, 2017 by StienPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
ELAINE SE KOPPIE KOEK
Ek is nie mal oor mug cakes nie, maar Dinsdagaand was ek so lus vir koek het nie bestanddele vir my sjokolade koek resep nie. Google is my groot vriend en ek kry toe hierdie heerlike resep en moet dit net met jul deel:
3 eetlepels witsuiker
2 eetlepels Kakao (resep het 3 gesê maar dis te veel)
3 eetlepels koekmeelblom
⅛ teelepel bakpoeier
knippie sout
3 eetlepels melk Continue reading→
KOOK RYS IN DIE MIKROGOLF
Posted on September 28, 2017 by Rina KleinhansPosted in Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
KOOK RYS IN DIE MIKROGOLF
Bamati rys:
1 koppie rys
3.5 k water en
sout
Sit op hoog 20 min in oop bak.
Perfekte rys.
Meisie Van Der Colff
MARIA’S CARROT CAKE
Posted on September 9, 2017 by StienPosted in Koeke / Cakes, Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
MARIA’S CARROT CAKE
(Dit is nou wat oorgebly het van die wortelkoek wat ek vanaand net voor 6nm in die mikrogolf gedruk het! Dit is absoluut heerlik. Ek sluit die resep in, net soos dit in my resepte boek van uit die 1990’s verskyn.)
175 ml cake flour
5 ml baking powder
5 ml cinnamon
3 ml salt
250 ml coarsely grated carrots
5 ml vanilla or brandy (I used vanilla)
250 ml brown sugar
5 ml bicarb
5 ml mixed spice
150 ml oil
2 eggs
125 ml grated apple or pineapple Continue reading→
CHAKALAKA BULLY BEEF MIELIEMEEL BROOD
Posted on September 8, 2017 by Rina KleinhansPosted in , Mikrogolf Resepte / Microwave Recipes Leave a comment
CHAKALAKA BULLY BEEF MIELIEMEEL BROOD
4 eiers
150 ml melk
1 eetlepel suiker
knippie sout
250 ml mieliemeel
30 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
1 blikkie bullybeef (chakalaka/plain)
Meng eiers, melk,bakpoeier, suiker, sout saam.
Meng mieliemeel, koekmeel saam.
Maak bullybeef fyn.
Meng al die bestanddele stelselmatig by.
En meng goed.
Spray ‘n mikrogolfvaste bak met spray&cook.
Gooi mengsel in bak plaas in mikrogolfoond op high 15 min.
Laat afkoel en gooi uit op ‘n bord.
Foto en resep:Leanca Van Staden